Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Geweld in plaasaanvalle laat vrae

Ek lees elke Dinsdag met belangstelling Max du Preez se “Skuinskyk”. Ek stem nie altyd met hom saam nie. Dinsdag, 10.10.2017, was een van die kere dat ek nie sy siening deel nie.

Volgens Max is politieke motiewe vir plaasaanvalle die uitsondering en gaan dit primêr oor roof. Hoe verklaar hy dan die martelings waarmee hierdie moorde gepaardgaan? Gewone inbrake, waar roof wel ’n motief is, gaan in die meeste van die gevalle sonder gewelddadige moord gepaard. Dit is ook ’n feit dat nie alle plaasmoorde met noemenswaardige roof gepaardgaan nie.

Ek glo dat plaasmoorde en die wreedaardige manier waarop dit gepleeg word van haat spreek en wel politiek van aard is.

Meer oor:  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.