Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Globalisme bedreig deur populisme

Die krag van Westerse lande, naamlik hul eensgesindheid en openheid vir globalisme, word bedreig deur die golf van populisme en nasionalisme, grootliks veroorsaak deur reaksie op die toestroming van migrante uit geteisterde lande.

In ’n kleiner wordende wêreld is die gebeure ook van belang vir ons, veral ook in ag genome ons eie diversiteit, sosio-ekonomiese ongelykhede en verdeeldheid, wat ’n spieëlbeeld is van die wêreld daarbuite.

Benewens konflikte en natuurrampe het die migrasievlaag ironies genoeg ook wortels in Westerse politiek in ander wêrelddele oor dekades, selfs geslagte heen. Donald Trump en verregses het dit opportunisties aangegryp en uitgebuit. Trump se verkiesing en Brexit is die prominentste uitvloeisels van die politieke opportunisme.

’n Verwagte groot swaai in Europa het tot dusver weggebly. Die huidige gebeure in Frank­ryk, waarin Trump reeds sy vuil hand tot ontsteltenis van Frank­ryk gewys het, is kommerwekkend. Dit toon dat verregses en ook radikale linkses aktief en steeds vasbeslote is om die populistiese golf uit te buit.

Pres. Emmanuel Macron poog om die leierskapskrisis en verdeeldheid in die Westerse wêreld te pak. Sy openlike voorkeur vir globalisme, verdraagsaamheid en eenheid in die Europese Unie maak hom ’n voorkeurteiken vir verregses, populiste, nasionaliste en radikale linkses.

In die VSA veg gematigdes en wêreldburgers reeds terug, ook in Duitsland en ander Europese lande. Brexit kry die wind ook van voor. Die golf sal weer draai.

Macron is duidelik onkant betrap deur die aard en omvang van die Franse protesoptogte. Hy het die situasie nie goed gelees nie en aanvanklik nie baie goed hanteer nie. Ek glo wel dit gaan die beste in hom na vore bring om ’n uitdagende situasie te ontlont. Hy is reeds besig met omvang­ryke gesprekvoering.

Die onttrekking van die VSA aan sy globale leiersrol lei uiteraard tot ’n leierskapsvakuum en herrangskikking van globale magsverhoudinge. Ons sien reeds hoe ander moondhede, soos China en Rusland, hul spiere bult en hoe diktators, soos in Saoedi-Arabië, voel hulle het nou vrye teuels om hul agendas op enige wyse te bevorder.

In ’n kleiner wordende wêreld is die gebeure ook van belang vir ons, veral ook in ag genome ons eie diversiteit, sosio-ekonomiese ongelykhede en verdeeldheid, wat ’n spieëlbeeld is van die wêreld daarbuite.

Meer oor:  Mystem  |  Briewe  |  Populisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.