Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Goed gedoen Vrystaat-Cheetahs, maar . . .

Geluk aan die Vrystaat-Cheetahs en Franco Smith wat, ná ’n spanningsvolle laaste tien minute, die “koppie” kon lig.

Die Cheetahs se probleme het begin toe die skeidsregter vir Sintu Manjezi met ’n geelkaart gestraf het vir die ineenstorting van ’n losgemaal, terwyl ’n ander Cheetah die oortreder was.

Wat ’n teleurstelling dat Ox Nché en Henco Venter na die Haaie toe gaan, want hulle is gebore en getoë in die Vrystaat.

Wat my bring by die groot probleem vir die Vrystaat met die oog op die Pro14 oor drie weke: Die voorrye. Hier sal vinnig ’n haas uit die hoed getrek moet word, anders gaan ons sukkel in die skrums. Die baie strafskoppe vir skrumoortredings Saterdag spreek vanself.

My versugting is dat die groot unies (met die vet beursies) sal ophou om ons beste spelers (soos bogenoemde twee!) af te rokkel.

’n Slotopmerking: Dit was opmerklik hoe netjies die All Blacks en Wallabies vertoon het in hul wedstryd om die Bledisloe-beker.

Dit kan ongelukkig nie van die Bokke gesê word nie. Veral sommige voorspelers lyk ná ’n paar losskrums/-gemale ietwat “verskrik”. Dit is met ’n positiewe gesindheid dat ek hierdie opmerking maak.

Meer oor:  Franco Smith  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.