Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Goed opgeleide onnies noodsaaklik

Met verwysing na “Mishandeling van jong kinders” (08.04).

Dit blyk die nasionale departement van onderwys het nog nooit kennis geneem dat onderrig vir jong kinders ’n gespesialiseerde veld is nie, wat dus gespesialiseerde opleiding verg.

Navorsing deur die SA Instituut vir Afstandsonderrig (Saide) – finale 2011-verslag – het reeds aangetoon dat die opleiding in Vlak 4- en Vlak 5-TVET- kolleges onvoldoende is, aangesien die praktisyns/onderwysers nie voldoende blootstelling aan praktiese ervaring kry voordat hulle in ’n klas staan nie. Jong kinders ervaar nie net fisieke mishandeling nie, maar ook emosionele, sosiale en kognitiewe mishandeling wat nie gesien kan word nie en wat die jong kind ook nie kan verwoord nie.

Opvoedkundiges in hierdie fase gaan so ver as om te beweer dat wanneer ’n kind vir 30 minute moet stil sit, dit gelykstaande is aan mishandeling. Dit is ondoeltreffend, want dit is teen kinders se aktiewe aard en leerwyse.

Toepaslike aktiwiteite vir die ontwikkeling van klein spiere (tong-, mond-, oog- en vingerspiere) is noodsaaklik vir voorbereiding vir die lees- en skryfproses.

Groot spiere is eweneens belangrik. Daarom behoort jong kinders klim- en klouterapparate en genoeg ruimte te hê om te hardloop, spring en speletjies te speel sodat hulle dit elke dag kan gebruik vir die versterking van die skouer-, nek-, rug- en rompspiere. Dit is die enigste fase waar hierdie spiere op ’n natuurlike wyse ontwikkel. Dit is nodig dat die kind nie moeg word om by ’n tafel te sit en skryf soos wat in formele onderrig verwag word nie.

Opgeleide onderwysers het nie ’n probleem om dissipline toe te pas nie, want hulle weet hoe om konflik met jong kinders te hanteer. Ons land het nie genoeg opgeleide onderwysers vir dié fase nie, en daarom is dit van die uiterste belang dat daar minstens een goed opgeleide onderwyser(es) in elke skool is wat die nodige leiding kan gee.

Meer oor:  My Stem  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.