Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Goeie kopies

Ongelukkig het die professionele era die rugbylandskap totaal verander en behels die koop van spelers. Provinsialisme bestaan lankal nie meer nie en selfs die toeskouers val maklik by nuwe aanwinste in. As jy byvoorbeeld ’n voorry of ’n heelagter benodig, dan koop jy hulle. Dit gebeur nie net by die Blou Bulle nie. Kyk maar gerus hoe die spanlyste van die provinsiale spanne verander.

Sou die stelling waar wees dat die Blou Bulle sukses gekoop het, moet hulle gekomplimenteer word dat hulle die regte spelers ingetrek het en moet die ander provinsies hulle navolg. Om vingers te wys gaan nie silwerware vir hulle bring nie.

As werkers in ’n organisasie nie die mas opkom nie, word hulle vervang en niemand kla nie. Waarom dan op die rugbyveld? Is wen dan nie belangrik nie?

Meer oor:  Blou Bulle  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.