Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Goeie verkeerslui is ’n uitgestorwe spesie

Beroepe dat spoedoortreders nóú in die Krugerwildtuin vasgevat moet word, is wensdenkery met hierdie swak regering van ons.

Die Wildtuin is nie die enigste plek waar jaagduiwels die oorhand het nie.

Kyk net wat gaan aan op die paaie in ons stede en dorpe.

Dit lyk of daar geen plek meer is met ’n doeltreffende en wakker verkeersdepartement nie.

Bloemfontein se eie Generaal Dan Pienaar-jaagbaan is maar ’n enkele voorbeeld.

Verkeersamptenare skitter oral in hul afwesigheid en die publiek verontagsaam die pad­reëls links en regs.

Die kans dat die spoedvrate in die Wildtuin vasgevat gaan word, is nul in hierdie land waar min waarde geheg word aan reëls, regulasies en wette.

Die diere in ons wildtuine moet – soos ons almal maar – versigtig trap met al die ondiere in motors en met verkeers­beamptes wat ’n uitgestorwe spesie raak.

Dit lyk my verkeersbeamptes gaan een van die dae in die museum gevoeg word saam met die uitgestorwe dodo’s van Mauritius en Madagaskar.

Meer oor:  Verkeersbeampte  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.