Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Goudveld juig oor milde reën

Ons aanbid ’n lewende God! Hy laat wonderwerke blom waar dit geplant is! Ons hier in die mooie Goudveld juig van blydskap oor die mildelike reën wat geval het. God het beslis ons verlos van die droogte en die vrees van geen water. In my tuin is dit al asof die blommetjies wat nooit geglimlag het nie, nou skaterlag van die heerlike reëns wat hul dors geles het. Die grasperke is deurweek en sopnat en alles is sommer lewendig. Sy natuurtempel juig.

Van blydskap het ek sommer my gesig in die nat blommetjies gedruk en, glo my, dit het bollemakiesie oor my wange geslaan.

Ons kan mos hande vat en dankie sê vir die mildelike reëns en vir versoening. Dis my grootste droom en ek sal nie ophou bid vir vrede, veiligheid en versoening in ons pragland nie! In die Goudveld bid ons ook vir die Kaap en ander droogtegeteisterde streke.

Meer oor:  Goudveld  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.