Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gratis onderwys nie deel van denkraamwerk

Die meegaande brief van die Vrystaatse provinsiale rekenmeester in Bloemfontein, gedateer 3 April 1939, bevestig die beursskuld van ’n laerskoolonderwyser aan die Sheridan Halte-skool naby Bethlehem in die Oos-Vrystaat.

Toe my onderwyser-pa hierdie skuldbrief ontvang het, was ek drie maande oud.

Die bedrag van sowat R65 is stelselmatig afgetrek van ’n salaris wat aanvanklik minder as R2 per maand was.

Ek onthou goed hoe bly pa was en hoe het hy gespog toe sy studieskuld uiteindelik alles betaal is.

Hy het elke pennie vir sy verworwe kennis self betaal.

En as onderwyser het hy seker ’n paar duisend kinders met hul geleerdheid gehelp.

Ek glo nie gratis onderwys of om te staak was deel van hulle denkraamwerk nie.

Meer oor:  Mystem  |  Onderwys  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.