Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Grey-ouers moet nou vasskop

Ek volg die nuus oor die twis tussen die beheerliggaam en skoolhoof van Grey-kollege in die koerant en dit is nogal insiggewend/verwarrend.

Die beheerliggaam is deur die ouers gekies om onder meer toe te sien dat geld korrek aangewend word.

Is die sowat R4 miljoen vir ’n hofsaak wat op niks uitgeloop het nie, reg aangewend?

Hulle is ook verantwoordelik vir die aanstelling en betaling van onderwysers in beheerliggaamposte en die herstel en instandhouding van skooleiendom waar die geld van die onderwysdepartement af tekort skiet.

Die beheerliggaam dien ook as die ouers se mondstuk, onder meer oor klagtes, en vir ander pligte wat aan hulle toegewys word.

Die skoolhoof kan nie deur die beheerliggaam bestuur word nie.

Dit is die plig van die onderwysdepartement as werkgewer.

Die beheerliggaam het vir die aanstelling van die skoolhoof sy voorkeurkandidaat aan die departement aanbeveel wat hulle as gedeelde vereiste gebruik het met die aanstelling.

Die hofsake wat gebruik word om lewe in ’n dooie argument van die beheerliggaam te blaas, is ’n bietjie absurd en ’n vermorsing van ouers se geld. Dit is geld wat in belang van die skool en kinders gebruik kon word.

As daar met die skoolhoof probleme is, moes dit mos deur die beheerliggaam ondersoek en na die onderwysdepartement as werkgewer verwys word vir ’n ondersoek en gepaste stappe.

Die halsstarrigheid van die beheerliggaam, sonder die drie lede wat reeds bedank het, laat ’n mens wonder of die ouers wat nou ingryp nie ’n mosie van wantroue in die beheerliggaam moet instel, hulle verwyder en ’n nuwe beheerliggaam moet verkies nie.

Luidens ’n Afrika-gesegde kom die gras die slegste daarvan af as twee olifante baklei.

Is die gras in hierdie geval nie die ouers en kinders van die skool nie?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.