Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Grond: Benutting is die probleem

In sy rubriek oor die grondbonanza (23.07) voel Johann Maarman baie koffierig (lees moerig) oor Calvin Cornelius wat as kamma-koning van die Kaapkolonie sommer ook hierdie gebied geannekseer het.

Die werklikheid is dat die kwessie oor grondonteiening en die toedeling van grond mense polariseer en die kanse is baie goed dat bloed uiteindelik gaan vloei.

Ewe belaglik is die dreigement van koning Goodwill Zwelithini dat hy KwaZulu-Natal onafhanklik sal verklaar as die 2,8 miljoen ha wat die Ingonyama-trust beheer deur grondhervorming geraak gaan word. Daar en dan maak pres. Cyril Ramaphosa die belofte dat hierdie grond vrygestel sal word van herverdeling. Ramaphosa swig nie net voor die Zoeloe-koning nie, hy plaas terselfdertyd ’n vraagteken oor sy (Ramaphosa) se betroubaarheid.

Ek sal graag wil weet waar Ramaphosa die mandaat vandaan kry om die koning van die Zoeloes en sy grondgebied anders te behandel? Dit bevestig dat die huidige sittings oor grondonteiening eintlik ’n klug is. Hou in gedagte dat daar verskeie ander konings en hoofmanne in die land is. Gaan hulle anders as Zwelithini behandel word?

Die probleem is nie soseer die onteiening en hertoedeling van grond nie, maar die wyse waarop hierdie grond uiteindelik aangewend gaan word. In Noord-Wes is 214 plase uit ’n totaal van 2 000 eise aan nuwe eienaars toegeken. Die res het geldelike vergoeding verlang en gekry.

Van die plase wat toegeken is, is slegs 50% tans produktief. Dit kon ook nie anders nie, want slegs R102 miljoen is aan die
nuwe eienaars toegeken, wat neerkom op minder as R500 000 per plaas waarmee hulle ’n boerdery moes begin. Een ordentlike trekker kos meer as R500 000. Hierdie gegewens is verstrek deur die hoofdirekteur van die streekgrondeisekommissaris.

Maarman is reg as hy meen gulsige politici gaan soos aas­voëls sit en wag om munt uit die skielike grondbonanza te slaan.

Die ANC gaan beslis by die grondkwessie en die regering se beloftes baat vind met die oog op die verkiesing, dog voorspel ek ’n somber prentjie daarna.

Daar is eenvoudig te veel besluitnemers wat gaan veroorsaak dat die hele skema van grondhervorming gaan misluk.

Meer oor:  Grond  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.