Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Groter is nie altyd beter nie

Pres. Cyril Ramaphosa het onlangs verbeterde plaaslike bestuur met “professionele” mense aan die stuur belowe. ’n Begin in die verbetering van die plaaslike besture sou wees om terug te keer na die kleiner plaaslike munisipaliteite wat voorheen bestaan het. Deesdae se Kaapse metropool het destyds uit ’n aantal kleiner munisipaliteite bestaan, elkeen met sy eie plaaslik verkose raadslede wat in die gebied gewoon het.

Die raadslede was mense wat ’n paar strate van jou gewoon het en as jy wou, kon jy die aand oorstap en hom of haar gaan wys waar die slaggat in die straat is wat nie reggemaak is nie. Elke raadslid was bewus daarvan dat sy optrede dopgehou word en dat hy in die volgende verkiesing dalk vervang sal word as hy nie sy kant bring nie. Dus geen kaderontplooiing nie.

Dit was destyds werklik “government by the people for the people”, want die raadslede was werklik deel van die gemeenskap. En hulle is nie betaal nie! Dit het gegaan om die eer en nie om die geld nie. Die munisipaliteite was almal solvent en dienste is gelewer. Wie onthou nog die Bellville van 1961, nou 60 jaar gelede? En Durbanville, Parow, Goodwood, Kuilsrivier, Kaapstad?

Groter is nie altyd beter nie. In ’n kleiner munisipaliteit is dit ook makliker om toesig te hou oor die besteding van geld en is die geleenthede vir korrupte praktyke aansienlik minder. As iemand sy hand in die geldsakkie steek, word dit gou raakgesien. ’n Skuldige is destyds ook nie herontplooi na ’n beter pos waar daar meer geld is om te steel nie. Nee, hy is uitgeskop en sy status het gedaal na laer as slangsleepsel se skaduwee.

Maar dit was destyds.

• Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Munisipaliteite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.