Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gryp nou al die geleenthede aan

Ek was toe nie (hartlik) welkom op Stellenbosch (as ’n wit ANC-lid) nie. Ek groet u almal dus nou. Ek vertrek vandag (16.01) na die ANC-vesting van KwaZulu-Natal!

Dis ’n hartseer oomblik – Afrikaanse koerante is so lekker om te lees. Maar die geleenthede is daar. Laat dit goed gaan met u almal.

Wat die politiek betref, verkies ek tog ook so ’n bietjie afstand van die daaglikse “breaking news”.

Feit is, die ANC gaan net so lank, of langer, as die NP aan die bewind bly.

Afrikaners behoort soos Daniel vir Nebukadneser, die koning van Babel, gedien het, die ANC-heersers te dien. Tot voordeel van ons volk.

As FW (de Klerk) nou nog in die regering van nasionale eenheid gedien het, sou hy vir CR en Trump en Holland baie geld kon vra – en kry – vir die boere in die Noord-Kaap. Vergeet van regstellende aksie as die vark in die verhaal. As die NNP naby die hefboom van mag gebly het, sou sleutelposte in wit hande gebly het.

Maak dus, soos De Ruyter, ’n “come back” en gryp die geleenthede aan!

Meer oor:  Mystem  |  Anc  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.