Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gun leeuplase plek in die son

Oor Stefanie Falcon van Future for Wildlife se beplande “bewusmakingsveldtog oor die geblikte-leeubedryf” (The Lion King: Disney se hulp vir leeus gevra”, Beeld, 14.06):

Namens werkgewers in die bedryf en hul duisende werknemers wat brood­nodige valuta verdien met jag, toerisme en uitvoere, vra ek dat die bewusmaking ook ons kant van die saak stel en ons inkomstebron beskerm.

Kom ons gun leeuplase hul plek in die ekonomie. Moenie hulle en hul werkers hul bestaan misgun nie. Landwyd is 10 miljoen mense tans werkloos en mense in die “geblikte-leeubedryf” raak angstig oor veldtogte soos die “bewusmakingsveldtog”.

Leeuplase is onderhewig en voldoen aan talle regulasies. Sonder dié plase sou daar vandag baie min leeus oor gewees het.

Meer oor:  My Stem  |  Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.