Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Handboeke: Ondersoek baie nodig

Bun Booyens (“Takel dít eerste, Angie”, 13 deser) knyp maar net effens aan die dowe ore van die sluimerende seekoei wanneer hy voorstel dat ’n klein groepie kundiges vinnig ’n stel handboeke skep wat by die heel bestes ter wêreld kan kers vashou.

Dit is dus tyd vir ’n ondersoek na die aanstelling, kwalifikasies en ervaring van die komiteetjies wat sulke enorme en verreikende besluite só goedsmoeds neem.

Die debakel met die huidige voorgeskrewe poësiebundel vir gr. 12 Afrikaans huistaal bewys dat die probleem eerder by die voorskryfkomitees lê. Om maar een voorbeeld te noem: By ontvangs van Verse in my Inboks was die vet in die vuur. Tekste het gewemel van die foute – belangrike leestekens en selfs hele versreëls is weggelaat en Ronelda Kamfer se gedig oor haar oupa Thomas is byvoorbeeld gepubliseer soos dit aanvanklik op die internet verskyn het, pleks van soos in haar digbundel.

Ná briewe aan die media, moes die onderwysdepartement bladsye errata aan al die skole stuur, sonder die versekering dat dit elke skool sal bereik.

Almal in die bedryf weet hoe verwoed uitgewers meeding om kundiges se boeke voorgeskryf te kry. Dit blyk dus die goedkoopste opsie word ten koste van kwaliteit gekies. Koste word besnoei deur verouderde tekste, waarvan die kopiereg verval het, te kies.

Die seekoei se byt skuil egter in die feit dat dergelike boeke vir minstens drie jaar voorgeskryf word en dat eksaminatore en nasieners hulle in die eindeksamen by dié foutiewe tekste móét bepaal. (En dan is ons verbaas as universiteitsdosente bevind dat die eerstejaarstudente on- of waningelig is.)

Dit is dus tyd vir ’n ondersoek na die aanstelling, kwalifikasies en ervaring van die komiteetjies wat sulke enorme en verreikende besluite só goedsmoeds neem.

Meer oor:  Bun Booyens  |  Mystem  |  Briewe  |  Handboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.