Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hanlie het Panyaza Lesufi ontbloot

Dr. Koos van der Merwe skryf per e-pos: Baie geluk aan Hanlie Retief met haar uitstekende ontbloting van Panyaza Le­sufi as ’n mislukte politikus wat nie haar geldige vrae kon beantwoord nie en haar eerder uit sy kantoor verjaag het. ’n Tipiese boelie wat nie sy haatagenda kan wegsteek nie. Hy sê vir Hanlie sy naam is ’n sokkernaam. Miskien moet hy onderwyssake los en eerder gaan sokker speel.

Panyaza Lesufi, die omstrede Gautengse LUR vir onderwys, wat nou Afrikaans leer sodat mense hom nie meer verkeerd verstaan nie. Foto: Elizabeth Sejake

Lesufi sê alles wat hy doen, moet die teenoorgestelde wees van dit wat Verwoerd gedoen het. Nou maar goed, Panyaza, dan moet jy mos dadelik alle staatskole vir swart leerlinge afskaf.

Sien, voor Verwoerd in 1950 minister van naturellesake geword het, was daar geen staatskole vir swart kinders nie. Verwoerd het staatskole vir swart leerlinge ingestel. Daarop het onderwys vir swart leerlinge met rasse skrede gegroei.

Tussen 1950 en 1970 het die getal swart kinders op skool met drie vermenigvuldig. Voorts was swart en wit leerplanne basies dieselfde. (Bron: Giliomee, H. 2012. The Last Afrikaner Leaders).

Rhoda Kadalie sê “ . . . dat daar, ondanks apartheid, meer geldelike en menslike hulpbronne in swart onderwys gestort is soos wat meer en meer swart mense die mark betree het. Selfs verbasender is dat die gehalte van Bantoe-onderwys hoër was as in die meeste huidige swart skole.”

So, ja, Panyaza, jy het jou eie integriteit in die spel geplaas.

As jy nie nou jou vaste voorneme uitvoer om die teenoorgestelde te doen as wat Verwoerd gedoen het nie, kan niemand jou weer glo nie.

So, Panyaza, sluit dadelik alle staat­skole vir swart leerlinge en hou op om hulle te finansier!

Meer oor:  Panyaza Le­Sufi  |  Hanlie Retief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.