Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hanlie vs. Sizwe laat bloed kook

Hardus Pretorius, Pretoria, skryf:

My bloed het gekook oor Hanlie Retief se vraag-en-antwoord-onderhoud met Sizwe Pamla.

Ek is al 35 jaar lank ’n soldaat en ek wonder of Retief weet watter invloed geen salarisverhoging op ons en ons gesin gaan hê.

Eerstens gaan die besluit ’n invloed hê op my pensioen, tweedens gaan markte en koste styg, wat sal veroorsaak dat ons agter gaan raak.

In plaas daarvan om Sizwe uit te haal en ons op grondvlak te ondersteun behoort Retief eers ’n bietjie huiswerk te doen oor wat dit op die duur vir ons in die staatsdiens gaan beteken. Wonder of jy gelukkig gaan wees sonder ’n verhoging as dit reeds broekskeur gaan?

Meer oor:  Hardus Pretorius  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.