Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hantering van GEPF bron van kommer

Dit is ’n bron van kommer dat elke minister probeer om sy hand te lê op die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) om sy boeke te laat klop of ’n antwoord te kry vir sy politieke beloftes.

Die lede van die fonds moes tevrede wees met ’n verhoging van 3,6%, hoewel hulle weens Covid-19 baie ekstra dokters-, hospitaal- en kosuitgawes het en ’n stryd om oorlewing voer.

Almal verwys net na ons broosheid en ons geringe kans op oorlewing indien ons met die virus in aanraking sou kom en dit is maar waar dit eindig.

Lede sal dit ernstig moet oorweeg om toe te sien dat die volle raad van trustees vervang word, aangesien hulle in dié tyd soos die graf swyg. Hulle is beslis nie daar om na die belange van die lede om te sien nie.

Alle instellings, selfs die regering, doen aanbiedings om die lewe draagliker te maak, maar die GEPF se raad van trustees rep geen woord nie.

Meer oor:  Gepf  |  Oudtshoorn  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.