Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Harry, Meghan moet uit die literatuur leer

Die wêreld van literatuur bied ’n aantal verhale van koninklikes en hul probleme.

William Shakespeare gee ons Hamlet met die waansin en verraad van ’n broer, terwyl Macbeth vertel van die komplot deur ’n vrou.

Die gevolge van hierdie optrede is redelik tragies, met byna­ al die hoofkarakters wat sterf.

Daar is ’n paar positiewer verhale wat die koninklike egpaar prins Harry en Meghan tans moet lees voordat hulle die warmte van hul kastele verlaat.

’n Goeie beginpunt is The Prince and the Pauper van Mark Twain, wat die verhaal vertel van twee seuns wat mekaar se plekke inneem en meer leer van die wêreld waarin hulle leef.

Die prins laat sy koninklike lewe agter en sien vinnig hoe lyk die regte wêreld waarin die meeste van sy mense woon.

Hy kan wel na sy koninklike lewe terugkeer, wat nie ’n opsie vir prins Harry is nie.

Dit is natuurlik onwaarskynlik dat prins Harry ooit as ’n armlastige sal moet leef, maak nie saak wat gebeur nie.

Maar die werklikheid is dat die soeke na privaatheid, ongeag die resultaat, nie suksesvol sal wees nie en dit is die verskil tussen fiksie en die werklikheid.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Meghan  |  Prins Harry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.