Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Harry stel bloot sy gesin eerste

Jeanette Snyman, Somerset-Wes, skryf:

Ek verwys na die artikel oor Harry en Meghan se onderhoud met Oprah Winfrey.

Die twee is nie vir die onderhoud betaal soos wat die artikel voorgee nie. Oprah sou nie dit genoem het en haar reputasie so op die spel plaas nie.

Die absolute verwerping wat prinses Diana moes ervaar het en die mediakritiek was genoeg rede om haar emosioneel te verwoes. Harry het gesien wat dit aan sy ma gedoen het. As jou vrou aan dieselfde media-bloedhonde en vooroordeel onderwerp word, moet ’n man sy gesin eerste stel.

Wat behoort die swaarste te weeg hier? Sy seremoniële rolletjie of die welsyn van sy familie?

As iemand my kind se velkleur sou bevraagteken, en dit in die 21ste eeu en deur iemand wat soveel gebaat het deur kolonialisme, sou my bloed ook gekook het. Meghan is baie intelligent en gee hoop aan soveel ellendiges.

Die koningshuis het ’n briljante geleentheid verbeur om nasiebrûe te bou. Dit is eintlik die tragedie van die verhaal.

Meer oor:  Harry  |  Meghan  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.