Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hartlik geluk aan die matrieks

Ek voeg graag my stem by die koor van gelukwense en waardering met betrekking tot die 2019-matriekuitslae

Ten spyte van wat ook al waar gesê, geskryf of geïmpliseer word, word geen punt, toekenning of onderskeiding verniet weggegee nie.

Die kandidaat met ’n voltal of aantal onderskeidings werk net so hard soos enige ander een

Alhoewel slegs die eksamennommers gepubliseer word, weet ek agter elke nommer is daar ’n gesig, ’n mens, ’n jong individu met ’n ideaal, ’n verwagting.

Mag ons land en sy mense (almal van ons) nooit eendag skuldig staan daaraan dat ons jong ideale en verwagtinge gedemp of vernietig het nie

Hartlik geluk aan elke presteerder.

Veral ook aan elke skoolhoof en onderwyser wat glo aan sy vak, sy roeping en die kind voor hom.

Ek kan vanweë my betrokkenheid by agt van die hoërskole in die Suid-Vrystaat getuig van die soms uiters moeilike omstandighede waaron-der daagliks gewerk word.

Ek kan juis getuig van ideale en verwagtinge van kinders en onderwysers, mense wat nie noodwendig die koerant of TV en allermins die amptelike geleenthede, haal nie.

In een geval het net een kandidaat geslaag en dit ’n kandidaat met “spesiale onderwysbehoeftes”.

In hierdie opsig verdien minstens een skool spesiale vermelding en ons gelukwense: die Bartimea-skool vir blinde en dowe kinders in Thaba Nchu.

Bartimea spog met twee kandidate met toelating tot graadstudies en een kandidaat wat met ’n vakonderskeiding spog.

Hartlik geluk aan hulle en die skool!

Laaste maar vir seker nie die minste nie: Hartlik geluk aan elke ouer, voog, ondersteuner en veral voorbidder wat al die pad van die eerste skooldag af getrou met die matrieks saamgeloop en beleef het.

Geen skip is veilig sonder ’n anker nie.

Meer oor:  Matriekuitslae  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.