Toe die verdagtes in die Hartswater-moorde aangekeer is, het hulle glo ewe rustig die lyke van die Brand-egpaar, Danie en sy vrou, Breggie, uitgewys, nadat hulle hul dogter, Elzabie, se lyk uitgewys het. Die oorledenes het steekwonde aan hul kop gehad.
Absoluut onmenslik. Of dit maar net nog ’n gewone dag in die vermeende moordenaars se lewe was. Opgestaan in die oggend, gesels en gesê ag wat, kom ons gaan vermoor maar drie mense. Dis darem iets om te doen, want hulle was seker verveeld.
Hulle het absoluut geen respek vir ’n ander mens se lewe nie.
Dis skrikwekkend dat só iets in ’n sogenaamde beskaafde land kan gebeur. Mense word gemartel, verkrag en doodgemaak – erger as wat aan diere gedoen word. Dis barbaars.