Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hede net so 'horribaal' as verlede

Op 9 April op Beyersklooof  vryf Cyril Ramaphosa dit tot satwordens toe  in van die "horrible past". In Suid-Afrika ervaar ons egter tans dag ná dag die veel erger "terrible present", of "horribale" hede.

Dis so erg dat 'n ou kennis, wie se altyd positiewe man helder oordag in Higgovale in hul huis vermoor is, nie wil hê dat haar kinders hul pragtige huis by haar moet oorneem nie.

Haar man het my nog destyds sy mooi visse daar gewys. Onlangs is, ten spyte van opgeknapte veiligheidsmaatreëls, weer by haar ingebreek. Ná meer as twee jaar is die moordsaak nog nie afgehandel nie.   

Naby my is pas weer 'n 92-jarige man beroof en  byna vermoor.    

Twee uit elke drie met wie ek in die straat praat, kom van Zimbabwe af.

Malema hoef nie meer na sy wonderlike Zimbabwe toe te reis om te kyk hoe dit daar gaan nie. Zimbabwe is reeds hier. Die hele Afrika is tans in Kaapstad. Danksy "apatyt". Ons weet waarom.     

Vandag (11.02) vra Cyril dat almal nie in Alexandra '"gedump" moet word nie. "Dump" hulle tog liewer in Kaapstad, Die Strand, Grabouw, Hermanus of in die Suid-Kaap of Wes-Kaap.     

Hoe de joos moet die "ongelykhede" ooit uitgefaseer word? Wie kan daarvoor betaal?

Weer ons Staansdienspensioenfonds? 

Baie moordenaars word nooit eens gevang nie.

Ek/ons is ookal bankrot gesteel. Dis hemel op aarde vir hulle met hier feitlik geen polisiediens nie.

'Horribaal" is veel erger nou, hier, Meneer die President.

Meer oor:  Kampsbaai  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.