Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Helde-artikel iets besonders

Dankie Mlungisi Louw en Charles Smith vir die besonderse foto’s en artikel oor die vriendskap tussen Mokoni Chaka en Evert du Preez wat soveel hoop skep (13.01).

Die twee boesemvriende van die plaas Nooitgedacht, Geneva naby Hennenman het landwyd aandag getrek met hul heldhaftige optrede. Hul vriendskap wek hoop vir die toekoms van die land, so ook hul heldedaad en hul avontuurlike lewe as plaaskinders. Die twee helde het na die brandende wrakke van die ontspoorde waens gehardloop en babas gevang wat ma’s huilend by die vensters uitgegooi het.

Charles se uitknip-artikel het die gedagtes en herinnerings terug geneem na die familieplaas naby Koffiefontein. Hoe geseënd en bevoorreg is ’n mens om al die mooi vriendskappe te kan onthou. Dankie vir ’n besonderse uitgawe van Volksblad.

Meer oor:  My Stem  |  Charles Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.