Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hele Universiteit Stellenbosch is nou Engels

Leopold Scholtz se diagnose van die stand van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch (07.02) slaan die spyker op die kop.

Ek is ’n trotse oud-Matie. Tussen 2008 en 2012 het ek in die universiteitsraad gedien en sedert 2013 dien ek in die Institusionele Forum (IF), onder meer as ondervoorsitter. Daarbenewens was ek drie jaar lank lid van die senaat se navorsingsetiekkomitee. Ek het dus oor die afgelope dekade dikwels op die kampus gekom.

In dié tyd was dit opmerklik dat Afrikaans stelselmatig verdwyn het en ’n institusionele kultuur van Engels oorgeneem het. Afrikaanssprekende personeellede praat selfs deesdae Engels met mekaar. Alle dokumentasie wat ek ontvang, is eentalig Engels en geen woord Afrikaans word meer op vergaderings gebesig nie.

Op ’n vergadering van die uitvoerende komitee van die IF met die rektor se bestuurspan in Mei 2016 is die versekering gegee dat voorgraadse Afrikaanssprekende studente daarop kan reken om hul lesings in Afrikaans te kry. Die politieke gedienstigheid van die bestuur het egter dié belofte soos mis voor die son laat verdwyn.

Aan die einde van 2017 en 2018 het ek ’n transformasie-indaba bygewoon – alles in Engels. Die US het nog nie al sy transformasieteikens gehaal nie, maar die hele US het Engels geword!

Die rektor se bestuurspan herhaal eenvoudig die politieke gedienstigheid wat in die dae van H.B. Thom geheers het deurdat hulle hul bes doen om die bewindhebbers ter wille te wees.

Dit gaan meebring dat transformasieteikens nie gehaal word nie, want Afrikaanssprekendes (bruin en wit) uit die platteland word afgeskrik.

Meer oor:  Us  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.