Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Help lig werp met JF-hoofde se name

Oor “Waarheid, nuus en speserye” (Gert Coetzee, Brandpunt, 26.01). Melding word gemaak van my ou skool, die Hoërskool Jim Fouché (JF).

Die skoolhoofde mnre. Du Plooy en Gildenhuys word ook gemeld, maar nie hul voorname nie. In my tyd in JF (matriek 1962) was mnr. Du Plooy die skoolhoof en mnr. Gildenhuys die onderhoof.

Mnr. Du Plooy se voornaam was Piet en mnr. Gildenhuys het algemeen as Gillie of Gillies bekendgestaan.

Sy voorletters was J.D., maar ons as skoolkinders daardie tyd (nou leerlinge) het nooit sy ware voornaam gehoor nie.

Gillies het wiskunde gegee en het later skoolhoof geword. Hy was ’n legende. Rupert Read was ná my tyd, maar ek het hom wel op reünies gesien.

Ek hoop ek kon ’n bietjie lig werp op die soeke na die voorname.

Dankie vir ’n uitstekende artikel.

Meer oor:  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.