Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Help om ons mense terug te bring na SA

Sedert 1994 het ons land ’n radikale omwenteling ondervind deurdat baie inwoners van die ou tuislande en die platteland na stedelike gebiede verhuis het. Hulle is onder die indruk gebring dat daar baie werksgeleenthede en huise vir hulle was.

Later het nog duisende mense van die noordelike state hierheen verhuis met groot verwagting van ’n beter heenkome. Groot druk is op die stedelike infrastruktuur en dienste geplaas, wat geweldige spanning tussen groepe tot stand gebring het.

Dr. Braam Hanekom vra dat ons nog meer vreemdelinge in ons midde moet toelaat en hulle met liefde omarm. Dan praat hy van ubuntu (medemenslikheid), maar vergeet dat meer as 500 000 mense in die afgelope 25 jaar in hierdie land vermoor is. Hy rep ook geen woord oor die duisende hoogs opgeleide beroeps- en ambagslui, sowel as rekenaarpersoneel, wat die land die afgelope vyf jaar verlaat het nie.

74 000 Suid-Afrikaners het reeds ’n nuwe heenkome in Nieu-Seeland gevind en nog baie ander het na ander lande verhuis op soek na ’n beter en veilige toekoms.

Dr. Hanekom, skryf asseblief vir ons ’n artikel oor wat ons kan doen om die room van ons mense terug in die land te kry en te keer dat nóg mense die land verlaat.

Meer oor:  Braam Hanekom  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.