Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Herman Mashaba, hier kom ons!

Deon Bekker se brief (11.02) het betrekking.

Ek beweeg daagliks tussen die deursnee-Afrikaner. Hulle is nie herkenbaar in Bekker se beskrywing nie. Ja, hulle is krities teenoor die ANC met sy korrupsie en onbevoegdheid, maar nie teenoor die swart mense as sulks nie. Ek sien om my hoe gemaklik kontak oor kleurgrense heen gebeur.

Ek wonder of Bekker weet dat al my Afrikaner-vriende en kennisse ’n heldeverering vir mense soos Thuli Madonsela, Herman Mashaba en Mogoeng Mogoeng het. Lyk dit na rasbeheptheid? Hulle begeer lankal ’n nierassige party. (Herman Mashaba, hier kom ons!) Hy verwar polarisasie met “laertrekmentaliteit” (sy ander skrywes). Ongelukkig doen die ANC se miskenning van diverse groepe niks om hom te kry waar hy hom graag wil sien nie. Uit ANC-geledere moet ons nog sien hoe nierassigheid lyk.

Deon, ek sien ’n wit Afrikaner-vlinder wat lankal wag om op die skouer te kom sit, maar rondgejaag word. Pas jou persepsie gerus aan.

Meer oor:  Herman Mashaba  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.