Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hertoets vir rybewys nie oplossing

In aansluiting tot E.C. Botha se brief (28.12) oor die hertoetsing vir rybewyse, die volgende:

So ’n absurde idee om weer eens die onskuldiges te straf, soos in die geval van vuurwapenlisensies, kan net uit die gedagtes van gekke kom. Ongelukkig regeer hulle die land.

Die volgende stappe sal baie beter die situasie hanteer:

  • Dronkbestuurders moet summier in die tronk beland en verdere tronkstraf en boetes opgelê word. Hulle moet ook hul rybewyse verbeur.
  • In die gevalle waar dit die dood van ander veroorsaak het, moet hulle ook van moord of poging tot moord aangekla word.
  • Dié wat roekeloos en nalatig bestuur, moet eweneens sonder die keuse van ’n boete deur soortgelyke strawwe en aanklagte in die gesig gestaar word. Hier dink ek aan die uiterste arrogansie van taxibestuurders wat aan die verkeerde kant van die pad jaag en aankomende verkeer die reg van weg ontsê.
  • Dié wat sonder rybewyse bestuur, moet ook van die paaie verwyder en tronkstraf en boetes opgelê word.

Indien dit daadwerklik en konstant deur die jaar toegepas word, sal dít wat ons nou ondervind het, gou verdwyn. Die skuldiges sal agter tralies wees en die paaie veiliger. Dit gaan per slot van rekening oor gesindhede op die pad.

Hertoetsing vir almal is onprakties en sal net lei tot ’n verdere chaos.

Hertoets net diegene wat gereeld botsings veroorsaak.

Meer oor:  Rybewys  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.