Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hertoetsing vir rybewys gaan nie help nie

Die voorstel dat motoriste elke vyf jaar hertoets moet word, sal nie die situasie op ons paaie verbeter nie.

Almal sit die beste voetjie voor met veral die praktiese deel van die toets en dit is geen waarborg dat hulle in die toekoms só sal bestuur nie.

Ek is nou 45 jaar in die regs­beroep en stel onder meer voor dat verkeersbeamptes op die paaie patrolliewerk moet doen om oortreders net daar vas te vat. Voorts moet die puntestelsel onverwyld in werking gestel word. Minimum vonnisse moet van toepassing wees op motoriste wat skuldig bevind word aan enige bepaling van die Wet op Padverkeer of alkoholverwante oortredings, wat ook hertoetsing en/of die opskorting of kansellasie van rybewyse insluit.

Om alle motoriste bloot elke vyfde jaar aan ’n toets te onderwerp, sal seker baie werk skep, waarvoor die belastingbetaler weer sal moet opdok.

Om nie eens te praat van die logistieke probleme wat die stelsel nog ondoeltreffender sal maak nie.

Meer oor:  Rybewys  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.