Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Herwin, of nóg rommelstatus wag

Verskeie berigte die laaste tyd rondom herwinning plaaslik, stem enigeen met ’n gewete oor die omgewing ongerus.

Herwinningsaanlegte sluit in die Overberg en in Bellville-Suid, papierherwinning raak onekonomies, China se besluit om nie meer herwinningsmateriaal in te voer nie laat Suid-Afrika met ’n oorskot . . .

Intussen hoor ons gereeld hoe daar binnekort meer plastiek as visse in die see gaan wees, en hoe stortingsterreine nie kan byhou met die hoeveelheid gemors nie.

Om dit alles net skouer­ophalend te aanvaar, is tog lamsakkig en onverantwoordelik.

Pas is die heffing op plastieksakke in die begroting verhoog – ’n heffing wat oor die jare ’n skaf­like bedrag tot die staatskas gevoeg het.

Kan omgewingsorganisasies soos Earthlife, Greenpeace en ander nie druk op die regering en maatskappye uitoefen om hierdie probleem met innoverende projekte te pak nie?

’n Mens hoor van monnike in Tibet of iewers wat hul eie klere uit plastiekbottels maak; plaas­like kleinhandelaars verkoop verstommende produkte wat uit herwinde plastiek gemaak is.

Dit klink soos ’n wen-wen-situasie: werkskepping, herwinning van skadelike afval, en groter onafhanklikheid van buitelandse giere.

Moontlik gaan hierdie soort projekte aanvanklik nie lonend wees nie, waar subsidiëring inkom, soos uit die heffing op plastieksakke?

Meer oor:  Mystem  |  Rommelstatus  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.