Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Het iemand al gevra: ‘Wat nou verder?’

Vele naïewe mense kan nie ophou juig oor die beweerde meer as 3 000 inhegtenisnemings ná afloop van die wettelose plundering en diefstal van die afgelope twee weke nie. Het iemand al gevra: “Wat nou verder?” Hierdie mense moet nou suksesvol vervolg en verhoor word, en dit is my mening dat daardie kant van die prentjie baie bleek lyk.

Dit is geen geheim dat selfs die direkteur van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) twyfel het in die algehele vermoë van die polisie, onder andere die Valke, om sake suksesvol te ondersoek. Ondersoekbeamptes is reeds oorbelas met dossiere – en personeeltekorte, gebrek aan opleiding, te min voertuie, forensiese instellings wat bykans gedisintegreer het, is bydraende faktore tot verdere vertragings.

Ons howe is reeds verlam deur Covid-19-beperkings en ek meen dat selfs in provinsies wat nie geraak is deur hierdie onwettige optredes nie, howe ook weens verskeie faktore struikel met oorvol hofrolle en eenvoudig te min personeel om dit te hanteer.

Enigiemand kan die somme gaan doen oor hoeveel hofdae dit gaan neem, selfs al sou daar daagliks hofsittings wees, wat nie die geval is nie, alvorens al hierdie oortreders, wat ’n fraksie is van wie almal deel was van die plundery, hul dag in die hof gaan kry.

Dit eindig nie daar nie. Die meeste van hierdie aangekeerdes beskik nie oor die geld vir regsverteenwoordiging nie en dus moet die staat met my en jou belastinggeld regsverteenwoordigers aanstel om hulle met hul verhoor by te staan.

En natuurlik word sake hanteer na gelang van nie net die beskikbare hofdae nie, maar ook van regsverteenwoordigers – en só word die vertraging eenvoudig verder uitgerek. Dit mag dus jare vat, indien ooit, alvorens hierdie sinnelose misdadigheid ooit na behore aangespreek sal word.

Intussen berig die media dat hulp van alle oorde instroom na daardie areas wat onder die plundery deurgeloop het en waar daar nou ernstige voedseltekorte in winkels ontstaan het.

Daar is geen waarborg dat diegene wie met ywer gesteel en gestroop het, nie ook in die tou gaan staan om kos te kry nie. Dit is ’n hartseer werklikheid siende dat almal vir seker nie geplunder en gesteel het nie. Maar hoe gaan daar onderskeid getref word? En só rol die bose kringloop voort.

Het iemand dalk daaraan gedink dat dit binne ANC-beleid mag wees? Die elite word gelukkig gehou met kader-aanstellings en miljarde rande se tenders. Die middelklas word gelukkig gehou met SEB-aanstellings oor die staatsbeheerde spektrum heen en die res met bakhand-oefeninge soos maatskaplike toelaes en die uitdeel van kos en ander benodigdhede.

En só hou jy almal gelukkig, behalwe ons ekonomie en die ware belastingbetalers wat aan die ontvangkant staan.

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Nvg  |  Sake  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.