Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Het ons dan niks uit verlede geleer?

Middelgrond kan beskou word as ’n posisie, standpunt of vorm van denke waarby, met goeie oordeel tussen twee uiteenlopende sienings, iets nuuts geskep kan word wat meer akkommoderend, regverdig en harmonieus is as die twee uiterste verwysingspunte.

Daar is egter weinig middelgrond te vinde in Henry Jeffreys se skrywe (23.09). Hy redeneer hierin dat: Om ons land se probleme op te los moet die belangrikste faktor wees om die kwessie van ras voorop te stel en om klem te lê op die rol van ras in ons onlangse verlede van ontneming en onderdrukking.

Jeffreys motiveer politieke partye om beleide aan te hang wat op ’n rasbasis vergrype van die verlede reg moet stel, want “ras is vir die meeste swart mense ’n diep emosionele kwessie”. Dit terwyl ons reeds 26 jaar besig was met hierdie mislukte eksperiment, met soveel slegte gevolge vir die massa behoeftiges, asook onnodige rassepolarisasie.

Die middelgrond-oplossing sou eerder wees: ’n Soeke na die oplossings om die ekonomiese onreg van die verlede te begrawe deur die ekonomiese verbetering van die behoeftiges.

Die bemagtiging van mense met bewese tekorte – velkleur kan nie die enigste kriterium wees nie, want die realiteit is dat dit lankal nie meer ’n gestandaardiseerde maatstaf van behoeftigheid is nie.

Daar is weinig mense wat verskil van Jeffreys se stelling dat ’n goeie plek om te begin is om toe te gee dat ras ’n besonderse plek het in hoe die Suid-Afrikaanse problematiek ontwikkel het.

As swart man (of is ek nou bruin? – “Bruin mense is net soms swart”, Glen Snyman, 24.09) is ek intens bewus van die geskiedkundige rol van ras in die huidige ekonomiese situasie van die meerderheid in ons land.

Die ekonomiese oplossing is egter nie te vinde in verdere rasklassifikasie nie.

’n Nierassige beleid vir ekonomiese oplossings is nodig vir die skepping van ’n regverdiger, welvarender, harmonieuse samelewing waarin elke individu tot sy volle potensiaal kan lewe – of het ons dan niks geleer uit ons verlede nie, nl. dat rasgebaseerde beleide op lang termyn slegs tot verdere pyn, onregverdigheid en polarisasie lei?

Meer oor:  Henry Jeffreys  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.