Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Het vuil taal mode geword op verhoog?

Ná ons onlangse besoek aan Oudtshoorn, ’n pragtige dorp, waar ons die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees bygewoon het, ag ek dit my christelike plig om hierdie brief aan u te rig.

Dit is met uiterste teleurstelling wat ons die terugtog aangepak het.

Ons is vir die afgelope tien jaar gereelde besoekers en ondersteuners van die KKNK, maar ons sal vir seker nie weer die onkoste en moeite aangaan om terug te keer nie.

Ons het na opvoerings van ons bekendste en beste akteurs gaan kyk, mense wat deur die jare vir hulself naam gemaak het, maar nou hulle blootstel aan opvoerings waar die naam van die Here vrylik gebruik en die vuilste riooltaal denkbaar gebruik word.

’n Mens kan nie anders nie as om vuil te voel wanneer jy die lokaal verlaat nie.

Is dit werklik wat die gemiddelde Afrikaanssprekende verlang en het dit mode geword om vuil taal en heilige name te gebruik?

Die algemene opinies en besprekings om die koffietafels het my opinie bevestig.

Meer oor:  Kknk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.