Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hier is ’n ‘ware alternatiewe party’

Frans Scheepers vra “Vir wie moet ’n mens dan stem?” (01.12). Hy som die mislukkings en verbreekte verkiesingsbeloftes van ’n aantal partye raak op.

Dis egter verstommend dat hy nie uitkom by die enigste twee partye wat nie aan dié misdrywe skuldig is nie: die VF Plus en die ACDP. Die VF Plus wil niks anders wees as ’n nisparty vir ’n minderheid van die Suid-Afrikaanse bevolking nie en maak nie daarop aanspraak om ooit die bewind te kan oorneem en dus ’n beduidende ommeswaai in die land te bewerkstellig nie.

Die ACDP propageer sedert sy ontstaan konsekwent die waardes en praktyke waarop die hele Westerse beskawing gebou is. Dit waarborg ’n regering en praktyke wat die seëninge en voorregte wat uit daardie beskawing en kultuur voortgevloei het, sal handhaaf en uitbou.

Die ACDP se grondwet en manifeste maak duidelik dat dit ten opsigte van godsdiens nie gaan oor die bevoordeling van die Christelike geloof nie, maar om geloofsvryheid. Dit staan teenoor die sekulêre ideologie van die ander partye.

Die eenvoudige rede waarom die ACDP nie meer “uitvoer” nie, is omdat kiesers nie die moeite doen om sy grondwet, manifeste en verklarings te bestudeer nie. Ek daag alle kiesers uit om juis dit te doen, en hulle sal nie meer wonder vir wie om te stem nie. Dit is die enigste werklike “alternatiewe” party, want dit ding nie mee met beloftes nie, maar met beproefde waardes en beginsels.

Meer oor:  D.C. Coetzee  |  Brackenfell  |  Brief  |  Mystem  |  Party
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.