Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hierdie metro werk beslis nie vir almal nie

Daar is sekerlik baie dinge wat beter in Kaapstad werk as in baie ander stede in Suid-Afrika.

Maar ek ervaar glad nie dat die Kaapstad-metro vir my werk as dit by die uitsorteer van my munisipale rekening(e) kom nie.

Ek ontvang eers sedert April vanjaar drie verskillende rekeninge vir een erf wat al in Augustus 2019 gekonsolideer is. Die oproepsentrum se agente was nog altyd net vriendelik en uiters behulpsaam, maar hulle het nie die kennis om hierdie komplekse saak te ontrafel nie. My navrae word net verwys na ander departemente, wat geen terugvoering gee nie.

Sedert 1 September vanjaar probeer ek om met ’n lewende mens daaroor te kommunikeer, maar al my pogings was onsuksesvol. Selfs die metro se ombud het my net ’n verwysingsnommer gegee en ingelig dat ’n ondersoek drie tot ses maande kan neem.

Intussen verloor die metro inkomste omdat ek drie rekeninge kry. Die korrekte een is na ’n foutiewe adres gestuur en ek het eers ’n maand gelede toevallig bewus geword daarvan. Watter van die drie rekeninge moet ek betaal, want een het ’n agterstallige bedrag en een het ’n krediet?

Woensdagoggend (14.10) het ek vier oproepe gedoen na senior amptenare gemoeid met finansies, onder meer die uitvoerende direkteur: finansies, maar die oproepe is nie beantwoord nie en is ná ’n tyd afgesny.

Hoe kan ’n metro “werk” vir sy mense as:

  • Telefoonnommers en name van senior bestuurders op die metro se webwerf gegee word, maar niemand die telefone beman nie? Waar is die mense en wanneer werk hulle?
  • Dringende klagtes oor rekeninge (wat ’n verlies aan inkomste vir die metro beteken) in ’n doodloopstraat eindig; sonder enige verdere kommunikasie met die kliënt?
  • Erwe wat al in Augustus 2019 gekonsolideer is, eers van April vanjaar aangeslaan word en dan op ’n foutiewe manier sonder dat die metro die kwessie kan uitsorteer?
  • Personeel van die oproepsentrum opdragte neem van mense wat niks met jou saak te doen het nie en dan nog op grond daarvan die besluit neem om die een enkele geldige rekening te sluit – sonder jou toestemming? en
  • Daar duidelik nie opgeleide personeel in die rekeninge-afdeling is wat weet hoe om rekeninge vir gekonsolideerde erwe te hanteer en aan te slaan nie?

Teen dié tyd is die staat van inperking regtig nie meer ’n verskoning vir die afwesigheid van kommunikasie en diens nie. Enige onderneming wat só bestuur word, sal nie op die duur kan voortbestaan nie.

Meer oor:  Mystem  |  Briewe  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.