Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hierdie OB gaan beslis nie self loop

Nóg ’n verslag van die openbare beskermer (OB) lê aan flarde.

Die hooggeregshof het in ’n uitspraak verlede week onder meer haar gebrekkige toepassing van basiese regsbeginsels en blatante vooroordeel uitgelig en haar onbevoegdheid vir haar taak tot die been oopgevlek.

Sodanig dat ’n persoonlike kostebevel, wat nie ligtelik uitgereik word nie, haar die hoeveelste keer opgelê is.

Só strompel die “beskermer” van die een hofnederlaag na ’n ander terwyl die oorbelaste belastingbetaler vir die hofkoste, waarvan sý die oorsaak is, moet opdok. En, so wil dit voorkom, daar gedraal word om die nodige ingestel te kry om haar summier te verwyder. Want bedank uit eie beweging, dit sal sy nimmer.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Ob  |  Hooggeregshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.