Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hierdie woorde is nie ‘twak’ nie

Met verwysing na Niko Brümmer se skrywe (07.08) en reaksie van Koos Pretorius daarop (08.08), wil ek noem dat daar verskillende kontekste is waarin die Engelse woord “random” gebruik word.

In die gewone spreektaal, wanneer verwys word na ’n “random event”, is “toevallig” of “ewekansig” moontlik die beste gebruik.

Vir die wyse waarop ’n lotery se wennommer getrek word, is “ewekansig” die gebruik van voorkeur.

Vir “random number” is “kansgetal” myns insiens die beste keuse.

Woorde soos “aleatories” is ’n regstreekse vertaling daarvoor uit Frans (variable aléatoire) en dit is nog nooit in Afrikaans gebruik nie. “Stogasties” op sy beurt kom uit die Grieks (stokhastikos) wat min of meer “mik, of raai” beteken. Dié woord word hoofsaaklik gebruik in die studie van sogenaamde stogastiese prosesse wat wiskundige modelle is vir gebeurtenisse wat skynbaar ewekansig plaasvind, maar tog spesifieke struktuur besit (bv. stuifmeelkorrels wat in water dryf).

Ander woorde vir “random” (benewens “ewekansig” of “toevallig” in die spreektaal) is dus nie “twak” nie, maar het spesifieke betekenis in statistiese wetenskap. Vir verdere insig oor hierdie en aanverwante woorde, sien die Statistiese woordeboek op die webtuiste van die Suid-Afrikaanse Statistiese Vereniging by die skakel https://sastat.org.za/sites/default/files/documents/files/Eng_Afr_fin.pdf

Meer oor:  Mystem  |  Woord  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.