Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hoe anders kon SA nie gewees het

Ek het verlede naweek in Rapport die artikel van Max du Preez geniet wat erken dat Flip Buys destyds reg was met sy voorspelling dat die ANC die land in sy kanon sal regeer.

Hoe anders kon ons land nie vandag gewees het as ons mense soos Flip Buys, Kallie Kriel en Dirk Hermann laat onderhandel het met Cyril Ramaphosa en Nelson­ Mandela pleks van FW de Klerk en Roelf Meyer nie. Ramaphosa­-hulle was slim genoeg om hand om die blaas met Meyer te staan en heuning om die mond te smeer ten einde toegewings te kry terwyl hulle geweet het sodra hulle die mag het, kan hulle maak soos hulle wil, ten spyte van De Klerk se “wigte en teenwigte”.

Nou sit De Klerk met ’n Nobelprys, Meyer het verdwyn en ons sit met die gemors in die land.

Ek hoop net Solidariteit en AfriForum en hul verwante organisasies hou aan om ons land weer op te bou.

Meer oor:  Mystem  |  Flip Buys  |  Anc  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.