Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hoe beplan ’n mens vooruit?

Tydlyne word gewoonlik oor dekades en eeue gevorm. Maar hoe doen ’n mens ’n finansiële projeksie vir 30 jaar as dit op een dag of in een week só gaan in Suid-Afrika?:

Sou ons in die politieke toestand in 1984 ’n scenario kon skets van die politieke toestand in 2020?

Vroue op plase sluit hul gewere toe uit vrees vir selfdood; die skeefgetrekte verhouding tussen munisipale dienste teenoor die stygende koste van erfbelasting, water en krag wat kritiek belangrik is vir kommersiële eienaars; die amnestietydperk vir wets-gehoorsame vuurwapeneienaars; die voorgestelde wet oor onteiening sonder vergoeding; en Bloemwater en Cent-lec se voortdurende dreigemente om inwoners se krag af te sny en die watertoevoer te verminder (dit terwyl baie mense voorafbetaalde meters het).

Asof dit nie genoeg is nie, is die aanduiding dat twee miljoen polishouers van hospitaalplanne se polisse ongeldig verklaar gaan word.

In die aanloop tot die herdenking van die Britse Setlaars se koms 200 jaar gelede het die bestuur van die 1820-museum in die voormalige Grahamstad geen erg aan die gebeurtenis nie. Trouens, hulle wil die museum se naam verander. Dit in die lig van veral sommige politieke partye se voortdurende haat teenoor minderheidsgroepe.

Hoeveel wette wat in die parlement goedgekeur is, het al bloedneus van ons howe gekry? ’n Mens word herinner aan Langenhoven se uitspraak destyds in die parlement wat hy moes terugtrek en anders stel: Neem kennis van die fenomeen wat al te dikwels deur sommige lede van die owerhede gebruik word, dat as ’n besluit ’n kollektiewe een was, kan ’n individu nie verantwoordelik gehou word nie.

Die vraag is watter tydlyn moet ons gebruik om ’n projeksie vir 30 jaar te doen in hierdie land waar die president die twyfelagtige steun van 50% in sy ANC-koukus het?

Sou ons in die politieke toestand in 1984 ’n scenario kon skets van die politieke toestand in 2020?

Meer oor:  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.