Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hoë mediese premies, belasting is uitbuiting

Hoe meer ek die koerantberigte en -artikels oor mediese fondse en belasting lees, hoe meer bedroef en beswaard raak ek.

Lede van mediese fondse betaal getrou hul premies.

Is dit nie maar vir die “adminkoste” soos uiters hoë salarisse, ruim motortoelae en die algemene “finansiering” van lewenstyle nie?

Is die bietjie wat van die premie oorbly vir mediese “voordele”?

Ek vra maar net.

Dieselfde vrae geld die belasting wat ons betaal.

Ek kry die indruk daar word gefokus op salarisse en ruim voordele vir amptenare.

Dit lyk beslis nie of die fokus val op die verbetering van mense se lewe en lewensgehalte in die land nie.

Kry mense in bestuursposisies nie skaam – ja, skaam – om arm, goedgelowige en weerbare mense so uit te buit nie.

En dit net vir geld.

Het integriteit ’n skelwoord geword?

Dit lyk nie of hulle enigiets voel vir hul medemens nie.

Meer oor:  My Stem  |  Medies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.