Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hoe word VS se wild gratis uitgedeel?

Die hoofberig “Skenking aan opkomende boere. ‘Stemme gewerf’ met wild” (04.07) het betrekking.

Waarheen is ons nou weer op pad met die wild van die Vrystaatse regering wat gratis aan opkomende boere uitgedeel word om wildboerdery te transformeer?

Hoe kan die wild so verniet uitgedeel word?

En hoeveel opleiding en kennis van wildboerdery het hierdie nuwelingboere?

Die ander vraag is of hierdie opkomende boere genoeg geld het om dié wild behoorlik te versorg.

Dit lyk vir my weer na ’n besluit deur oningeligtes of amptenare wat dalk iets in ruil in die hand verwag.

Die gevaar bestaan dat van hierdie “wildplase” oor ’n paar maande kan lyk soos Ace se suiwelplaas by Vrede, met geen boere nie en dalk ook geen diere nie.

Gaan dit net nog ’n wilde bedrogspul word soos in die era van Ace en Zuma?

Die eerste transformasie wat nou in die Vrystaat moet plaasvind, is die verwydering van die korruptes.

Meer oor:  Mystem  |  Briewe  |  Wild
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.