Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hoekom bieg Britte nie oor ‘Boere-volksmoord’?

Ek stem saam met Org Potgieter van Welgelegen se brief “Sterftesyfer in ABO-kampe moet reggestel word” (27.02).

Die sterftesyfer vir Boere (mans, vroue en kinders) wat in die Britse konsentrasiekampe dood is, moet opwaarts aangepas word.

Ons het almal grootgeword met die syfer van 27 000, maar dit is hoog tyd dat die geskiedenisboeke aangepas word tot die nagevorste 33 000 sterftes.

Lyding bly lyding, en ter wille van geregtigheid moet dit korrek gerapporteer word.

As die totale sterftesyfer vir Boere tydens die oorlog bepaal wil word, moet hierby gevoeg word die sowat 6 200 sterftes op die slagveld en in oorsese bannelingkampe.

Ek glo dat hierdie syfer ook hoër is as wat destyds aangeteken is, want daar het Boere gesneuwel wie se name onbekend was.

Nog ’n sterftesyfer waaroor niemand ooit skryf nie, is die Boereburgerlikes wat buite die kampe dood is weens ontbering as gevolg van die konfiskering van lewensmiddele en dies meer, siekte en wonde asook as gevolg van moord deur vyandige stamme, Britse meelopers en Britse eenhede.

Die uitgewer Willie Bienedell het destyds geglo minstens 10 000 Boereburgerlikes het buite die kampe gesterf het.

Dit alles in ag geneem, is ’n totale syfer van 50 000 Boeresterftes tydens die Tweede Boereoorlog (1899-1902), nie vergesog nie.

Dr. André Wessels skat in Die Anglo-Boereoorlog in die Afrikaanse letterkunde dat die gesamentlike Boerebevolking in die twee Boererepublieke ongeveer 220 000 was in 1899.

Na beraming is 20% van die Boerebevolking dus tydens die driejarige oorlog dood en kan daar met groot sekerheid van ’n “Boere-volksmoord” gepraat word.

Ten spyte van hierdie geweldige verlies aan menselewens (swart sterftes uitgesluit), weier die Britse regering steeds om die Boerenasate amptelik om verskoning te vra.

Hoekom?

Om te dink dit het alles gegaan oor ons goud en diamante wat hulle kom steel het.

Die queen sit nog vandag met die grootste diamant in haar kroon. Gesteelde goed!

En wanneer kom vra sy verskoning?

Meer oor:  Volksmoord  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.