Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hoekom dan so stil oor Afrikaans?

In hul rubrieke in Die Burger plaas proff. Anton van Niekerk en Amanda Gouws baie klem op onreg op vele vlakke van die samelewing. Die spektrum wat hulle takel, is wyd, onder meer rassisme, seksisme, ateïsme en kolonialisme, noem maar op.

Daar is ’n onreg so groot soos ’n olifant op die Universiteit Stellenbosch (US) se kampus, maar die professore het nog niks daaromtrent geskryf nie.

Ek verwys hier na die moord op Afrikaans wat by die US, waaraan albei die professore verbonde is, gepleeg word.

Niemand kan aan hulle voorskryf wat die onderwerp van hul rubrieke moet wees nie. Ek vertrou wel dat hulle aanstons, geborge deur hul kundigheid en betrokkenheid aan die US, in hul rubrieke die nekomdraai van Afrikaans by die US sal beliggaam.

’n Handjievol individue aan die US het Afrikaans gekelder. Nou wil die US ons wysmaak dat almal die kat aan die stert beet het en dat Afrikaans by die US nie metafories verkrag word nie.

Hulle gee voor dat mense wat kla, ’n politieke dogma nastreef.

Mense is nie dom nie en weet hierdie verskonings is bloot verwerplike snert.

Dit wat met Afrikaans aan die US gebeur het, word deur miljoene mense betreur. Dit kleineer nie net hul taal nie, maar maak hulle ook met goeie rede intens woedend.

Ons sal insette van die twee professore verwelkom.

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.