Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hoekom het Engels troonstatus in SA?

In hierdie dae word daar nou oral menings gelug en gepraat oor Afrikaans as taal wat oral uitgefaseer moet word. Die Universiteit Stellenbosch (US) wat Engels moet wees, siende dat dit nou so ’n groot taak is om alles in Afrikaans vertaal te kry. Maar die US was dan Afrikaans – waar het al sy Afrikaanse literatuur en lesings dan nou heen verdwyn?

Al hierdie taalkwessies het al begin toe prof. Chris Brink in 2002 die leisels as rektor oorgeneem het by prof. Andreas van Wyk, vir wie Afrikaans baie na aan die hart gelê het. Brink het sy uittog na Engeland gedoen en toe het prof. Russel Botman die aanslag net voortgesit. Ná Botman se afsterwe het prof. Wim de Villiers dit verder gevat.

Wat my absoluut dronkslaan, is dat al hierdie akademici aan Afrikaanse universiteite studeer het en dit hulle geensins in hul loopbane gekniehalter het nie. Inteendeel, hulle het verskeie grade in ander lande en aan ander universiteite behaal wat in Engels aangebied is, maar die feit dat hulle op skool en op universiteit in Afrikaans onderrig is, was geen probleem nie.

Ek het in die Tygerberg-hospitaal gewerk wat vroeër ’n Afrikaanse instelling was. Geneeshere van oral ter wêreld het daar kom werk, asook hul studie daar kom voortsit. Ek het hulle dikwels gevra waarom juis daar waar Afrikaans die voertaal was en nie die Universiteit van Kaapstad nie.

Almal was dit eens dat taal geen probleem vir hulle is nie – die gehalte het getel. En dis nou waar die probleem lê, want as jy nie in jou eie taal onderrig word nie, ly jou gehalte daaronder en kan jy iemand anders nie behoorlik onderrig nie.

Afrikaans word gedurig as die taal van die verdrukker uitgemaak, maar wat is Engels dan? Die Engelse het al die drakoniese wette vroeër uitgevaardig, lank voor apartheid, en my eie ouers was nie toegelaat om Afrikaans op skool te praat nie. Hulle moes in Engels skoolgaan, al het hulle geen Engelse woord geken nie. Eers later jare het tweetalige skole ingekom en niemand wat anderstalig was, is gedwing om Afrikaans as eerste taal te neem nie.

Net so is dit vir my volksvreemd dat proff. Amanda Gouws en Anton van Niekerk, albei Afrikaanssprekend en werksaam aan die US, so oor rassisme van wit mense is. Hoekom sou dit nou in ons gene wees, spesifiek altyd ook die Afrikaner s’n. Het die Engelssprekende mense nie ook al die sogenaamde voordele in die apartheidsjare geniet nie?

Ek is ’n Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner en baie trots daarop, en sal my taal nooit ooit verruil vir Engels, wat net in Suid-Afrika tot troonstatus verhef is en nêrens anders ter wêreld nie. Elke volk het die reg om sy eie taal te praat en as die US nie jou taal praat nie, daar is universiteite oral in Suid-Afrika – een van hulle sal jou kan help. Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Afrikaans  |  Engels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.