Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hofmeyr wil ry en ons stry

Daar is nog net sprake dat Steve Hofmeyr en ’n afvaardiging na Donald Trump, die president van die VSA, wil gaan om met hom te praat oor wit plaasmoorde, rassistiese regstellende aksie, misdaad en ander kwessies.

Maar raai wat? Die wit Suid-Afrikaners stry onder mekaar dat dit klap! Ja, nog ’n bewys dat hulle nog nooit in die geskiedenis kon saamstaan nie.

Die een groep is van mening dat Steve Hofmeyr geen reg het om namens hulle te praat nie. ’n Ander groep meen dat Steve hulle definitief nie verteenwoordig nie. Nog ’n groep meen ons moet self ons probleme oplos. Nog ’n groep meen dat ons moet ophou kla en net oneindig dankbaar moet wees.

Ja, red nou ’n volk met sulke mense!

Dit lyk vir my of dit maar deel van Afrikaners se DNS en kultuur is om met mekaar te stry en te twis.

Dalk verdien ons ou volkie maar om deur die kommunistiese ANC-regering verdruk te word.

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Donald Trump  |  Brief  |  Afrikaners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.