Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hokaai oor RSG se 80

Dit is nie heeltemal korrek om te sê “RSG vier vanjaar sy 80ste verjaardag” nie (RSG staak sy kunstefees, 13.10).

Eintlik is dit Afrikaanse radio onder die vaandel van die SAUK wat vanjaar 80 jaar oud is.

RSG is slegs die jongste nasaat van die oorspronklike Afrikaanse Diens, wat in 1937 begin uitsaai het.

Die verskil tussen die twee is hemelsbreed. RSG is ’n kommersiële uitsaaier, terwyl die Afrikaanse Diens ’n suiwer kultuurdiens was, net soos sy tydgenoot van destyds, die Engelse Diens (tans SAƒm).

Namate nuwe eise gestel is wat die verouderende kultuurkarakter van die Afrikaanse Diens onder druk geplaas het, het die stasie begin vernuwe en eers as Afrikaans Stereo ’n nuwe baadjie aangetrek.

Later het Radio Sonder Grense (RSG) op die toneel verskyn in ’n gedaante wat beswaarlik aan sy stasie van oorsprong herinner.

Om dus te sê dat RSG vanjaar 80 jaar oud is, is soos ’n vrou wat met haar 80-jarige gunstelingpop spog sonder om te meld dat die kop, arms en bene intussen vervang is.

Net die oorspronklike romp het oorgebly.

Meer oor:  My Stem  |  Rsg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.