Homo sapiens, die veronderstelde veredelde aap, dra by om die planeet aarde onherstelbaar en skandalig te verniel en te misbruik: Die Arktiese sirkel verbrokkel tot ’n pappery van smeltende ysblokke en bedreig die habitat van die manjifieke ysbeer.
- Onbeheerbare veldbrande woed telkens in lande soos Australië en Amerikaanse deelstate en wis dier- en plantspesies uit.
- Die mens se gierigheid laat uitgewerkte myntonnels en vernietigde ekostelsels agter op sy pad van groot verwoesting.
En ’n probleem wat mense nie wil bespreek nie: die ongebreidelde aanwas van Homo sapiens wêreldwyd – bykans 8 miljard siele op dié klein spikkelplaneet. Bronne van kos en water word oorbenut en uitgeput. Niemand durf dit waag om die onbeheerste en onverantwoordelike aanwas te kritiseer nie.
Die menseras is besig om sy rentmeesterskap gruwelik te versaak.