Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Honger is ’n enorme bedreiging vir Suid-Afrika

Werkloosheid is glo die ergste tot nog toe, die staatskas is leeg en vakbonde, studente en diewe tap die fiskus leeg.

Dan hoop duisende studente en matrieks om volgende jaar werk te kry.

Die hantering van die Covid-19-pandemie het ’n magdom ondernemings se deure gesluit. Net sowat 9% uit 60 miljoen betaal belasting.

Hierdie neiging stuur op ’n verskriklike hongersnood af, want die staat kan dit nie bekostig om miljoene mense volhoubaar aalmoese te gee nie. Dit is buitendien hopeloos te min om siel en liggaam staande te hou en stemme te koop omdat kospryse vir hulle hopeloos te hoog is.

Die enigste groepering in die land wat tot dusver kop bo water hou, is die beleërde landbousektor. Dan staan die regering reg met verskeie dolke om dit keelaf te sny. Plaasmoorde, weerhouding van staatshulp, ontwapening, grondgrype, enorme diefstal en rooftogte is alles die staat se bondgenote.

Die tragiek is armoede strek hemelhoog terwyl omtrent die ganse arbeidsmag se kaders al hoe ryker word.

Nou begin baie van diegene wat die regering se beloftes vir soetkoek op­geëet het, in opstand kom. Die ironie is dat hulle presies dieselfde verwoesting saai as wat hul bedrieërs tot dusver gedoen het.

Dit is ’n eeue oue resep wat die ANC in sy opleidingskampe verfyn het. Dit lyk of dit al hoe erger gaan word, want honger is die beste dryfveer om verwoesting te saai.

As dié beeld nie verander nie, spoed die land op ’n burgeroorlog af.

Meer oor:  My Stem  |  Armoede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.