Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hoog tyd dat Bloemfontein-ers saamstaan

Oor ons vuil, verwaarloosde stad:

Ons agbare burgemeester, Olly Mlameli, se gesig is oral teen die lamppale te sien. Gemeet aan haar glimlag is sy dolgelukkig en sy sê so ewe: “Welcome . . .”

Solank sy en haar gevolg hul salarisse kry, is die saak mos reg.

Ek wil nie swartgallig wees nie, maar ek dink nie Bloemfontein se toestand gaan in die nabye toekoms danksy die munisipaliteit verbeter nie.

Trouens, ek dink dit is blote wensdenkery.

Die stadsbestuurder sê “dinge is aan die gebeur”. My oë bedrieg my seker of ek is verblind, maar waar gebeur dinge?

Ongelukkig kan bitter min gedoen word. Mense is of te bang, te onbewus of hul pogings is eenvoudig tevergeefs.

Dis tyd dat alle gemeenskappe van Bloemfontein saamstaan en iets doen. Ons moet ophou om leë beloftes te glo en dit aan te hang. ’n Beter lewe gaan nie bloot uit die hemel op ons neerdaal nie. Ons moet werk maak daarvan.

Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.