Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hoop vir dié wonderkuur beskaam

Johann Maarman se “Prontuit” (16.11) het betrekking. Hy skryf: “Miskien moes die ouers wat die matriekafskeid gereël het, dit in ag geneem het dat iemand aanstoot sou neem dat hulle nie welkom was nie.” Regtig?

Die ouer wat die afskeid gereël het, is op 13 November as volg aangehaal: “ . . . is daar volgens haar besluit om die funksie vir almal oop te stel. Die uitnodiging is via Facebook en WhatsApp versprei. Enige kind wat wou kom, kon kom.”

Nou word dit as “rassisties” aangeblaas. As dit die geval was, kan enige uitnodiging deur enig­iemand deur ’n ander party as rassisties gesien kan word. By wie moet ek nou toestemming kry om uitnodigings vir ’n private geleentheid te rig?

Waar ek met hom saamstem, is wanneer hy skryf: “Maar is dit regtig nodig dat die EFF opdaag vir elke partytjie wat net ruik na ras en kleur? Opportuniste.” Dit wil voorkom of dit al is waarop die EFF teer – naakte rassisme. Soos hy soek ek na ’n wonderkuur vir hierdie virus, maar helaas, die hoop beskaam.

Meer oor:  Johann Maarman  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.